ONS SKOOL
Gimmies is ’n skool met ‘n tradisie van uitnemendheid op alle terreine – akademie, sport en kultuur. Gestig in 1907, is hierdie die oudste Afrikaansmedium-hoërskool in die land. 114 jaar se bestaan het ons ‘n tradisieskool gemaak waarop elke Gimmie ongelooflik trots is. Ons is dankbaar vir ouers, personeel en leerders wat bankvas agter die skool staan.
Gimmie-trots is ‘n erflating wat niemand van jou kan wegneem nie. Wanneer ‘n mens op die terrein rondbeweeg, word jy bewus van hierdie besondere gees. Skoolgeboue, kultuur- en sportgeriewe en moderne toerusting voltooi die prentjie.
Vir ons by Gimmies gaan dit oor die hoë verwagting wat elkeen aan homself stel, die geesdrif en passie, die verskeidenheid aktiwiteite, die geordende en gedissiplineerde skoolomgewing en die persoonlike geluk en geestelike welsyn van ons leerders.




Leave a Reply